MORGENSON MONA-LISA gr. M, ARABIAN, 1983
| Color: gr
“Mona Lisa”, het in haar hele uithourit-loopbaan 2780 km gedoen met van die beste tye op rekord en het NOOIT IN EEN ENKELE RIT UITGEVAL NIE.
Wat die prestasie van `n 100% rit sukses meer ongeëwenaard en merkwaardig maak, is dat Biffie en Lisa se prestasie 5 hoogs kompeterende Fauresmith-ritte insluit - waarvan die vinnigste 2 ritte `n 3 de (1993) en 2 de plek (1995) met `n gemiddelde spoed van bo 24km/uur was.
Wat ook merkwaardig is, is dat Biffie en Lisa se gemiddelde tye van hul 80 km ritte meermale sub - 3 ure was. Hul vinnigste 80 km rit is afgelę in 2:52:45. In 1995 het hul die eerste plek op Fauresmith naelskraaps met ‘n minuut gemis in `n tyd van 8:11:25
Lisa was vreeslik talentvol - haar polse was altyd bitter goed. Die jaar toe hul 2 de op Fauresmith gekom het, was Lisa se gemiddelde polse oor al haar bene 37 slae per minuut.
(CLOSE) |
|